LL-L "Language politics" 2008.11.10 (02) [E]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Mon Nov 10 18:27:02 UTC 2008


===========================================
L O W L A N D S - L - 10 November 2008 - Volume 02
-------------------------------------------------------------------------
Please set the encoding mode to Unicode (UTF-8).
If viewing this in a web browser, please click on
the html toggle at the bottom of the archived page
and switch your browser's character encoding to Unicode.
===========================================


From: Mark Dreyer <mrdreyer at lantic.net>
Subject: LL-L "Language politics" 2008.11.09 (04) [A/E]

Beste Petrus, Mike, Ron, Geledere:



Onderwerp: LL-L "Language politics"



Ron aan Petrus:

"Maar, Petrus, laat ons aanneem dat Afrikaans offisieël 'n groep van
Nederlandse dialekte word ... Hoe kan jy verhinder dat dit as 'n amper
merkwaardige aanhangsel, as 'n kleine, eksotiese curiosumpie binne
Nederlands verdwyn, veral indien die status van Afrikaans in Afrika nog
verder verswak word? ..."



Mike:

I can see here the classic dilemma expressed in "rather dead than red" (or
vice-versa) or translated *lieber xxxxberdacht oder lieber ausgestorben. *The
idealist that I am tend to side with you, Ron, but I am ready to concede,
Petrus, that your position is realisrtic and pragmatic.



Ekke, Mark Dreyer:

    Ek weet nie mooi hoe om my siening in die verband te uiter nie, maar
laat ek 'n poging aanwend. Om (wieookal die stelling gemaak het) Afrikaans
as maar 'n dialek van die Nederlands in te lyf sal net nie werk nie, en sou
ook nie sedert die latere 18de Eeu nie. AB Afrikaans is net, aldan ook maar
net *oor* die grens van wedersydse verstaanbaarheid met AB Nederlands. Hier
moet ek 'n punt beklemtoon, ons moet eintlik die standpund van die algewone
taal-leke inneem, want hulle is die meerderheid wat die tale gebruik.

    My vernuf, sê nou niks van Onse Ron s'n, het net nie betrekking nie. My
Ouma, onder die laastes wat in Nederlands matrikuleer het, het op haar
ou-dag 'n lange gesprek met 'n Nederlander in Nederlands gevoer, tot op die
punt dat hy in bewondering beken het, "Mevrou," (ek self sal nie die
Nederlands waag nie, maar in sodanige toom), "dit bewonder my, weet, dat as
ek mooi hard luister beginne ek u Afrikaans te verstaan!"

    Vêrdermeer, die politieke sigpunt moet ook in ag geneem word, dat ons
voorvaders met opset hulle Afrikaner genoem het, en veral nie Hollander
nie. Onder die omstandighede om uit die Hemel uit 'n teëstrydige taalbeleid
te verkondig gaan niks op grondvlak vestig nie. Jammer maar ja, onse
Taalmagtiges het besluit hulle praat nie Nederlands nie, en so moet dit net
aanvaar word.

    Hoeookal, ek het verskeie oue geskrifte gelees, oa 'n plaaslike
resep-boek, gedruk lank voor die daë van Afrikaans as amptelike taal, en ek
het waargemerk dat die formele Afrikaans van toentertyd en dit van
vandag merkwaardig min verander het. Ek sien net nie 'n nouer byeenkoms
tussen die Ouer Taal en die Ouer Nederlands nie. Sodanige beleid sou toe al
heel onrealisties gewees.

    Wat ek wel uit die einste geskrifte raak sien is dat die toonsetters (ek
sê nie argitekte nie) van Afrikaans as ampstaal het eintlik afleidende die
fonetiese spelreëls van AB Afrikaans merkwaardig nader aan die van
Nederlands gesleep, en om die rede alleen is AB Nederlands vadag nog so
toeganklik vir die Afrikaner. Ek is bly daaroor. Hulle kon net so maklik die
ander rigting ingeneem het (wat al aan die gang was, so waargemerk in die
ortografie van oa die resep-boek), heel eenvoudiger foneties geword,
dienooreenkomstig heel vreemder vir die Nederlander, en toedan hul
nageslagte van Nederlands vir ewig weggesny.

    In gelyke gees, Onse Ron se besorgdheid oor die spelreëls van Plats het
'n belang wat baie meer aandag verg. Soos ek dit sien is heel te veel
verdeeldheid in die Laëlandse  tale en dialekte toe te skrywe aan
ortografiese grense, en die gegrond in die spelreëls van verskeie
onverwante, ofteminste minder verwante tale.



Die Uwe,

Mark


----------

From: R. F. Hahn <sassisch at yahoo.com>
Subject: Language politics

Mark en almal,

Dis vanselfsprekend dat my "bydraes" in hierdie debat van 'n buitestaander
sy mening kom, dat dit en bloc teoreties en eensdeels die speel van die
duiwel sy advokaat is. Bowendien moet ek saamstem met Mike: daar is iets
pragmaties in Petrus sy opinie.

Ek bekommer slegs aangaande die toekoms van Afrikaans, die toekoms van 'n
medium dat uniek Suid-Afrikaans is en onder Nederlands as sy
"sambreel-taal"baie van sy spesiaal kenmerke verloor en uiteindelik
verdwyn sou. Almal
Afrikaanssprekers sou Standaard-Nederlands as hul tweede taal moet leer
(want hul beroepssukses en reputasie sou daarvan afhang) en hul Afrikaans
sou direk en intens deur Nederlands beinvloed word. Afrikaans sou met
parochiaal-kultuur assosieer en dus as "uncool" beskou word.
Standaard-Nederlands (en natuurlik Engels) sou 'n beter aansien geniet en
jong mense sou hul Afrikaans opgee waneer hulle onafhanklik word. Dit is wat
tipies gebeur in sodanige scenarios.

Groete,
Reinhard/Ron
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20081110/00ed352c/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list