LL-L "Language politics" 2008.11.15 (02) [A/E]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Sat Nov 15 20:38:03 UTC 2008


===========================================
L O W L A N D S - L - 15 November 2008 - Volume 02
-------------------------------------------------------------------------
Please set the encoding mode to Unicode (UTF-8).
If viewing this in a web browser, please click on
the html toggle at the bottom of the archived page
and switch your browser's character encoding to Unicode.
===========================================


From: ppvaneeden at ziggo.nl
Subject: LL-L "Language politics" 2008.11.14 (02) [A/E]

Beste Elsie,

Nee, my inligting is nie erg foutief nie. Hieronder is die uittreksel van
die wet.

Ja, daar is na Afrikaners verwys as Duusman, Duutsman, Dutch, Dutchman. Dit
lyk my normaal. Die Nederlandse volkslied vermeld ook die Duitse bloed van
die Nederlanders.

Prettige naweek verder!

Petrus van Eeden

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Op 8 Mei 1925 is in 'n gesamentlike sitting van die Volksraad en die Senaat,
die wet op de Officiële Talen van de Unie eenparig aangeneem. Wet nommer 9
van 1925 het gelees:

"Nademaal er twijfel ontstaan is aangaande de betekenis van het woord
"hollandse" in de Zuid-Afrika Wet, 1909; en nademaal het dienstig is die
twijfel weg te nemen; zij het bepaald door Zijn Majesteit de Koning, de
Senaat en de Volksraad van de Unie van Zuid Afrika als volgt:

1. Het woord "hollandse" in artikel honderd zeven en dertig van de
Zuid-Afrika Wet, 1909, en elders in de Wet waar dat woord voorkomt, word
hierbij verklaard het Afrikaans in te sluiten.

2. Deze Wet kan voor alle doeleinden worden aangehaald als de Wet op de
Officiële Talen van de Unie, 1925, en word geacht van kracht geweest te zijn
vanaf de een en dertigste dag van Mei 1910."

   -

Bogenoemde wet was vanaf 1910 regsgeldig. In 1961 kry Suid-Afrika 'n nuwe
grondwet. Wet nommer 32 van 1961 vermeld dat Afrikaans en Engels die
amptelike tale van die land is. In 'n definisie-omskrywing word vermeld dat
Afrikaans ook Hollands is. Die twee artikels uit wet 32 van 1961 lees:

"108. (1) Afrikaans en Engels is die amptelike tale van die Republiek en
word op gelyke voet behandel en besit gelyke regte, vryheid en voorregte."

"119. In hierdie Wet, tensy uit die samehang anders blyk, beteken -

"Afrikaans" ook Hollands;....."[1] <http://www.afrikaans.nu/pag2.htm#_ftn1>

Die Engels bewoording van artikel 119 sluit 'n moontlike verwarring uit, van
wat onder 'Hollands' en onder 'Nederlands' verstaan mag word. Dit lees:

"119. In this act, unless the context otherwise indicates-

"Afrikaans" includes Dutch;...."

----------

From: ppvaneeden at ziggo.nl
Subject: LL-L "Language politics" 2008.11.13 (02) [A/E]

Beste Ron,

Nee, ek wil ook nie die klok terugdraai nie. Ek wil dat die Afrikaners
meegeniet van die Nederlandse taal en kultuurskat omdat die twee tale so nou
verwant is. Omdat ons so weinig boeke, musiek, tydskrifte ens in Afrikaans
het, lyk dit vir my logies dat ons hierdie tekort aanvul met Nederlands,
soos wat ons ook vroeg in die 20ste eeu gedoen het. Die harmonieuse
verhouding wat daar tussen die twee tale bestaan het, kan gerus herstel
word, want dit is tot voordeel van die Afrikaners.

Hartelijke groeten,

Petrus van Eeden

----------

From: R. F. Hahn <sassisch at yahoo.com>
Subject: Language politics

Baie dankie vir die uitleg, beste Petrus.

Jou einddoel is natuurlik admireerbaar. Maar kan dit nie in 'n minder
omstrede wyse bereik word nie, in 'n diplomatiesere wyse wat die
"Afrikaners" se identiteit en eiewaarde en se behoefte van onafhanklikheid
nie in vraag stel, verontagsaam of afstem nie?

Kan Afrikaans en Nederlands nie word beskou as sustertale wat weer
saamgebring moet word ("saamgebring" soos "direkt kontakt bevorder") nie?
Dit sal promosie van wedersyds respek en waardering vereis. Ek glo nie dat
meer Afrikaans boeke sou word gepubliseer indien die taal teruggesit word
tot die rang van Nederlands dialek nie. Inteendeel. Ek glo dat dit die
sigbaarheid van Afrikaans *algemeen* verminder sal.

Groete,
Reinhard/Ron
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20081115/1500801f/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list