LL-L "Etymology" 2009.05.22 (01) [AF]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Fri May 22 14:17:52 UTC 2009


===========================================
L O W L A N D S - L - 22 May 2009 - Volume 01
Encoding: Unicode (UTF-08)
Language Codes: lowlands-l.net/codes.php
===========================================


From: dealangeam <atdelange at iburst.co.za>
Subject: Hoeka en hene

 Beste Ron,



Dankie vir jou antwoord oor die aantal letters benodig. Ek het dit ook so.



Ek skryf vanuit die standpunt dat die horing oue QWERTY sleutelbord  nie
meer geskik is om die ortografie ‘n verskeidenheid van tale te weergee nie.
As ons kan vasstel hoeveel nodig is vir die Germaanse tale, het ons ver
gevorder om vir alle ander tale ‘n maatstaf te gee, selfs die met
hulle eieletters
soos Russies, Arabies en Koreaans.



In ieder geval, ek wil tot die word “hoeka”. Ek wil glad nie die invloed van
Maleis Ontken soos in die Apartheidjare gedoen is nie.. Ek wil eerder
beklemtoon dat die trekkery (migrasie) van mense wat hoofsaaklik van
laaglanders afstam, reeds in die vroee 1700’s begin het. Eers het hulle
ooswaarts getrek al met die kusvlakte tot by die Visrivier waar die Xhosas
gewoon het. Met die Engelse bewind in die vroee 1800’s het hulle verder die
kusvlakte verken tot diep noord in die Zoeloes se land. (My eie
voorvaderHans Dons de Lange was
een van hulle.) In 1838 het die Groot Trek begin. Toe het hulle na hulleself as
Voortrekkers begin verwys en nie meer Grensboere nie. Daarna het hulle
binnelands (weswaarts) begin en die republieke van die Oranje Vrystaat en
Transvaal verwys. Hulle het hulleself Boere begin noem.



Die punt wat ek wil maak, is dat hulle kontak met die Maleiers en Khoi (
Hottentotte) sedert die 1700’s al hoe minder geword het. My Pa en Ma se
families kom almal van hierde trek roetes vandaan. Hulle het dikwels die
word “hoeka” gebruik om na “lank” (groot verskil in tyd en ruimte) te verwys.
Daarom vermoed ek sterk dat die “hoeka” ‘n laaglandse oorsprong moet he.



‘n Ander woord wat my Pa en Oupa dikwels gebruik het om na “groot” te verwys,
is “hene”. Op skool is ek herhaaldelik gestraf omdat dit ‘n eufenisme
vir“Here” is.
Ek het opgehou om die word te gebruik. Baie jare later, so omtrent die
middle 1980’s, het ek begin navorsing in die geskiedenis van die laaglandse
volke. (Dit was voor die begin van die LL-poslys.) Ek wou van my stoel afvaltoe
ek lees dat die ou Saksers op grafte afgekom het wat hulle heunebeddens
genoem het. Die heunebeddens is gemaak van lang small klippe, twee vir die
sykante, twee vir die bodem en deksel en twee vir die kop en voete. Die
resultaat was dus ‘n klipkis. Uit die groote van meeste van hierdie grafte
kon afgelei word dat die Heune GROOT mense was, sommiges meer as sewe voetlank.
Hierdie naam Heune is later gebruik om na groot te verwys en ‘n
duisend jaarlater
het dit by die Boere “hene” geword.



Dis jammer dat niemand ooit die lengte van die Vryboere, Voortrekkers en
later Boere oit gemeet het nie. Maar my eie twee seuns is naby 2 meter elk –
indrukwekkend groot. Dis nie verniet dat hulle van “de Lange” is nie. ‘n
Mens vind sulke lang mense dikwels in die ooste van Nederland en die westevan
Duitsland.



Geniet die skrywe. As jy wil kan jy die vir poslys aanstuur al is die ner
vir mede Laaglanders om Afrikaans te kan lees.



Mooi loop
At de Lange

•

==============================END===================================

 * Please submit postings to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.

 * Postings will be displayed unedited in digest form.

 * Please display only the relevant parts of quotes in your replies.

 * Commands for automated functions (including "signoff lowlands-l")

   are to be sent to listserv at listserv.linguistlist.org or at

   http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.

*********************************************************************
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20090522/f9769791/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list