LL-L "Resources" 2011.01.26 (01) [AF-NL]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Wed Jan 26 19:31:55 UTC 2011


=====================================================
L O W L A N D S - L - 26 January 2011 - Volume 01
lowlands.list at gmail.com - http://lowlands-l.net/
Posting: lowlands-l at listserv.linguistlist.org
Archive: http://listserv.linguistlist.org/archives/lowlands-l.html
Encoding: Unicode (UTF-08)
Language Codes: lowlands-l.net/codes.php
=====================================================



From: "dealangeam" <atdelange at iburst.co.za>
Subject: LL_L "Resources" [AF_NL]

Beste Roger Hondshoven en ander Laaglanders,



Baie dankie vir jou diepsinnige antwoord. Ek daarteen waak om te veel
daarvan aan te haal, al wil ek hoe graag dit doen.



Jy skryf:

“Zullen ze de duimen moeten leggen voor de steeds verder opdringende
standaardtaal? Het ziet ernaar uit dat deze evolutie niet te stuiten is.”



Evolusie in die natuur is iets wat reeds 2 biljoen (2,000,000,000) jaar oud
is. Lewende spesies kom en gaan. Die “gaan”, in teenstelling met die “kom”
is dikwels ‘n kortstondige katastrofe waarin tot soveel as 50% lewende
spesies uitgewis word. Dit lei tot ‘n verlies aan verskeidenheid.



Evolusie in menslike kultuur is maar skaars 200,000 jaar oud - ‘n duisendste
van die natuur se evolusie. Ek bestudeer dit reeds sowat 25 jaar. Iets wat
my getref het, is hoe meeste tegnologiese deurbrake tot ‘n verlies aan
kulturele verskeidenheid gelei.



As opgeleide natuur wetenskaplike en tegnoloog, het ek niks teen tegnologie
nie. Dit is deel van kulturele evolusie. Maar ek ontstel my teen die
ondeurdagte gebruik van tegnologie in die 200,000 jaar van die mens se
bestaan.



Ons leef tot vandag toe nog met die ondeurdagte nagevolge van Gutenberg se
boekdruk tegniek. Die idee van ‘n AB (Algemeen Beskaafde) taal het voorheen
nie bestaan nie. Ek sou dit liewers die Standaard Taal (ST) noem. Gutenberg
se tegniek het oor die eeue heen ontwikkel wat ons vandag het: digitale
media. Dit vernietig verskeidenheid deur ‘n “Globale Standaard” as norm te
gebruik.



Dit hoef nie so te wees nie. Al wat nodig is, is dat gebruikers gevoelig sal
word vir verskeidenheid en hulle daarvoor beywer. Roger, jou woordeboek is
nog eens ‘n bewys hiervan.



‘n Ander tegnologie wat vir baie evolusie probleme tot in hedendaagse tye
verantwoordelik is, was die ontwikkeling van wêreld skeepvaart in die 1500's
en 1600's. Ek kan dit in duisende onderwerpe toelig. Maar daar is een
onderwerp van besondere belang: die verspreiding van siektes, plante en
diere buite hulle natuurlike habitat. Hulle staan bekend as indringer
spesies. Hulle vernietig inheemse spesies oor miljoene vierkant kilometer.



Ek dink dat met ‘n ST (AB) moet elkeen wat verskeidenheid op die hart dra,
daarteen waak dat dit nie ‘n indringer taal word nie. Dit is in my oë net
nie beskaafd nie. Om ‘n dominante kultuur as die noem van beskaafd te
beskou, is gek.



Ek dink jy stel dit baie goed met

“Niettemin zou het bijzonder jammer zijn als de streektaal – toch het meest
wezenlijke element in het culturele erfgoed van een volk – helemaal zou
verloren gaan. Voor het te laat is dienen de dialecten geïnventariseerd te
worden. Een dringende aangelegenheid!”



Ek sou graag wou motiveer waarom verskeidenheid (“andernis”) so belangrik
is. Maar hierdie bydra is reeds te lank.



Ek sou ook graag daarop wou wys dat Afrikaans nie eintlik dialekte het nie,
maar beslis streeksverskille in uitspraak.



Mooi loop

At de Lange.



=========================================================
Send posting submissions to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.
Please display only the relevant parts of quotes in your replies.
Send commands (including "signoff lowlands-l") to
listserv at listserv.linguistlist.org or lowlands.list at gmail.com
http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
http://www.facebook.com/?ref=logo#!/group.php?gid=118916521473498<http://www.facebook.com/?ref=logo#%21/group.php?gid=118916521473498>
===============================================================
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20110126/fefaa854/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list