LL-L "Grammar" 2011.03.23 (03) [AF-NL]

Lowlands-L List lowlands.list at GMAIL.COM
Wed Mar 23 17:01:13 UTC 2011


=====================================================
L O W L A N D S - L - 23 March - Volume 03
lowlands.list at gmail.com - http://lowlands-l.net/
Posting: lowlands-l at listserv.linguistlist.org
Archive: http://listserv.linguistlist.org/archives/lowlands-l.html
Encoding: Unicode (UTF-08)
Language Codes: lowlands-l.net/codes.php
============================== =======================



From: "dealangeam" <atdelange at iburst.co.za>
Subject: LL-L "Grammar" [AF, NE]

Beste Laaglanders,

Piet Bult skryf:

*“Beste At: Mijn begrip van Engels gaat niet veel verder dan vakantie_Engels
en dus begrijp ik niet alles tot in detail wat je bedoelt te zeggen met de
(vergelijkings) parallel van computertalen en natuurlijke talen. Volgens mij
zijn die twee niet te vergelijken. Zowel de eerste generatie machinetaal als
de huidige vierde generatietalen zijn in essentie nog precies het zelfde. De
hogere talen worden slechts teruggevormd (vertaald) tot machinetaal, een
reeks van nullen en enen, true of not true, schakelaar aan of uit. Deze en
andere vormen van vertalen hebben volgens mij niets vandoen met F&M. *“



Beste Piet,

“Computer” Rekenaar Tale (RT) en “Natural” Natuurlike Tale (NT) kan nooit
GELYKes wees nie. RT het nie ‘n fonologie nie!

Maar hulle kan wel verGELYK word. Die rede is dat albei die doel het om te
kan kommunikeer.

Ek het beklemtoon dat my oorsig van RT te kort is om aan alles daarin reg te
laat geskied. My doel was om die spel tussen eenvoud (“simplicity”) en
meervoud (“complexity”) uit te lig.

Ek dink nie dat die eerste geslag RT en vierde geslag RT self in essensie
dieselfde is nie. Vir die REKENAAR is hulle wel dieselfde: ‘n string van 0'e
en 1'e wat die Sentrale Verwerker (SV, “Central Processing Unit”, CPU)
ingaan en uitkom.

Maar vir die MENS is hulle ooglopend verskillend. Vanaf die eerste tot
vierde geslag (en heel waarskynlik verder) word hulle al meer mensliker. Dit
is om elektroniese skakelaars al hoe meer in te span as neurologiese
blitsers.

Ongelukkig het die sielkunde in die begin van die 1900's, veral deur Freud,
‘n vreeslike ding gedoen. Die brein se funksies is verdeel in die onbewuste
en die bewuste. Goethe en Polanyi het my gehelp om dit te te begryp en
oorkom. Daar is eerder vlakke van bewustheid.

Goethe het beklemtoon dat bewustheid met ervaring as die laagste begin.
Ervaring van die mens kan vergelyk word met die masjientaal van die rekenaar

Polanyi het beklemtoon dat ervaring ontluik in stomkennis (“tacit
knowledge”. Dit is die tweede vlak van bewustheid. Hy het dit weergee in sy
beroemde/berugte uitdrukking “we know know more than we can tell”.Ervaringe
skuif in die agtergrond en stomkennis kom tevore. Dit kan vergelyk word met
die tweede vlak van RT,  “assembly language”.

Ek beklemtoon dat stomkennis ontluik in kunstige kennis wat ook bekend is as
die vormlike (“formal”) kennis. Dit is die derde vlak van bewussyn. Daar is
baie soorte kunste (vormlikes). Dit strek van die voete (soos dans) en
vingers (soos skryf) tot die kop (soos praat en gesig trek).

Sintaktiese tale by rekenaars (3de vlak) en natuurlike tale by mense (derde
vlak) kan met mekaar vergelyk word.

Die vierde vlak van bewussyn is wysheid. Kategorie RT en wyse gesegdes
behoort tot dieselfde vlak. Min mense dink ten volle wyslik. Die wat dit kan
doen, kan met een sin baie ander mense se denke dramaties beïnvloed,
Vergelyk dit nou met die klik van ‘n muis op ‘n program beskikbaar.
Onmiddelik stel die rekenaar ‘n woordverwerker beskikbaar in die plek van ‘n
ander toepassing soos ‘n teken program.



Beste Piet, niemand anders hoef soos ek te dink nie. Daar is besliste redes
waarom ek so dink. Maar niemand anders hoef daarin belang te stel nie. Maar
een ding staan soos ‘n paal bo water:

‘n Mens se passie bepaal wat hy/sy doen.

Rekenaars het nie passies nie. (Waarom nie??). Maar mense kan met rekenaars
hulle passies daarin beleef.

Doen honderde miljoene mense dit nie reeds nie?

Iewers in die toekoms sal ons kan skryf” biljoene mense leef hulle passies
deur middel van rekenaars uit”.

Besef laaglanders regtig hoe rekenaars mense in staat gaan stel om die
wêreld te verander in die 21ste eeu? Daar is ‘n rolprent wat ek nooit sal
kan vergeet nie: “War Games” - ‘n kind wat die wêreld verander.

Die ingewikkeldheid van tale se morfologie is dus nie sommer net ‘n
akademiese oefening nie.



Mooi loop.

At de Lange



=========================================================
Send posting submissions to lowlands-l at listserv.linguistlist.org.
Please display only the relevant parts of quotes in your replies.
Send commands (including "signoff lowlands-l") to
listserv at listserv.linguistlist.org or lowlands.list at gmail.com
http://linguistlist.org/subscribing/sub-lowlands-l.html.
http://www.facebook.com/?ref=logo#!/group.php?gid=118916521473498
===========================================================
-------------- next part --------------
An HTML attachment was scrubbed...
URL: <http://listserv.linguistlist.org/pipermail/lowlands-l/attachments/20110323/77d7b8ad/attachment.htm>


More information about the LOWLANDS-L mailing list